Ondersteuningsdienste

Ons glo in studente wat buite die klaskamer groei en ontwikkel, dus is daar ‘n verskeidenheid van ondersteuning beskikbaar.

 

Leer Meer Kontak Ons

Leerderondersteuning

Rekenaarsentrum

Biblioteek en Leessentrum

Leerderondersteuning

Daar is ‘n groeiende behoefte aan skolastiese-, emosionele en sosiale ondersteuning. ‘n Sirkel van rolspelers waarvan sielkundiges, beraders, spelterapeute, welsynswerkers, spraak- en arbeidsterapeute deel is. Wie die behoeftes van die leerders ondersteun.

Rekenaarsentrum

Ons is toegerus met ‘n rekenaarsentrum en ‘n biblioteek. Alle leerders gaan een keer per week na rekenaarklasse vir rekenaargesteunde leer in Wiskunde, Lees en Perseptuele vaardighede. Robotika en Kodering het onlangs deel van ons kurrikulum geword. Die leerders kry geleentheid om blootgestel te word aan nuwe tegnologie. Ons leer speel-speel en leerders kan self sien wat hulle bereik gedurende elke les.

Biblioteek en Leessentrum

Ons biblioteek het ‘n wye reeks kinderboeke, asook vaklektuur. Die biblioteek word ook gebruik as leessentrum waar die kinders se luistervaardighede ontwikkel word.