Akademie

Ons skool is ‘n voorbereidende skool wat slegs vir grondslagfase kinders voorsiening maak.

Leer Meer Kontak Ons

George
Voorbereidingskool

Om voor te berei vir die blinkste toekoms bied Voorbereidingskool George ongeëwenaarde toewyding aan leerders en hul verskeidenheid van behoeftes, passies en drome. Verken ons webwerf om meer oor ons te wete te kom. Besoek ons webwerf om meer oor ons skool te leer.

Gr.R

Gr. 1-3

Huiswerk

Gr.R

Ons skool is ‘n voorbereidende skool wat slegs vir grondslagfase kinders voorsiening maak. Ons het sewe graad R-klasse en is ‘n parallelmediumskool wat voorsiening maak vir leerlinge met ‘n Engels of Afrikaanse huistaal. Ons het sewe Graad R klasse. Ons is ‘n parallelmedium skool vir leerders met ‘n Engelse of Afrikaans huistaal agtergrond.
Die graad R-leerders het hul eie speelarea wat toegerus is om in al hulle holistiese behoeftes te voorsien. Hulle het ook hul eie ablusiegeriewe. Die graad R-klasse sluit hul jaar af met ‘n spesiale gradeplegtigheid. Hulle het ook hul eie ablusiegeriewe. Die graad R-klasse sluit hul jaar af met ‘n spesiale gradeplegtigheid wat hulle na die hoër grade bevorder.
Die ervare onderwyseresse word elkeen bygestaan deur ‘n klasassistent. Ons spog met ‘n speelparkie waar voortdurend ontwikkeling en vooruitgang plaasvind. Ons spog met ’n speelgrond wat voortdurend ontwikkel en vorder.
Binne ‘n verrykte dag- en weekprogram kry leerders genoeg geleentheid om taal en wiskunde te ontwikkel, perseptuele vaardighede te beoefen, kreatief te wees, musiek te waardeer en groot- sowel as fynmotories te ontwikkel. Hulle het die geleentheid om kreatief te wees, musiek te waardeer en groot- en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel.

Gr. 1-3

Ons is ‘n skool met slegs Grondslagfase. Ons het sewe klasse vanaf Gr. 1-3. Ons het sewe graad 1-, graad 2- en graad 3-klasse.
Ons is ‘n parallelmediumskool en ons leerders is multikultureel.
Al ons graad 1 tot 3 klasse word met interaktiewe witborde onderrig. Ons het ‘n goed, toegeruste mediasentrum en ‘n biblioteek. Ons ervare en liefdevolle personeel sorg met toewyding dat skool elke dag die lekkerste-lekker is. Ons het ‘n goed toegeruste mediasentrum en ‘n biblioteek.
Die volgende vakke vorm deel van die KABV kurrikulum:

  • Afrikaans (huistaal)
  • English (home language)
  • Engels (eerste addisionele taal)
  • Afrikaans (first additional language)
  • Wiskunde
  • Lewensvaardigheid

Bo en behalwe die bogenoemde vakke ontvang leerders ook weekliks onderrig in die volgende vakke:

  • Rekenaarvaardigheid/Robotika en Kodering
  • Xhosa

Ons het twee dames wat privaat musiek vir ons leerlinge aanbied.
Die koor neem jaarliks deel aan die Eisteddfod en Musiek Montage.
Elke derde jaar bied ons ‘n konsert aan waar massa deelname aangemoedig word.

Huiswerk

Huiswerk is ‘n belangrike aspek in die opvoeding van u kind/kinders. Die doel van huiswerk is om: Die doel van huiswerk is om:

  • bande tussen skool en huis te vestig.
  • ‘n kind in staat te stel om die inhoud van skoolwerk wat reeds in die klaskamer geleer is, te bemeester EN te versterk.
  • te help met die vaslegging van werk.
  • om ‘n bykomende afsetpunt vir lees, verryking en uitbreiding te verskaf.
  • voorsiening te maak vir individuele verskille – gee leerlinge die geleentheid om werk te voltooi indien nodig.

Opleiding van môre se leiers sedert 1951

Hier by die Voorbereidingskool George streef ons daarna omkinders voor te berei om eendag hulle plek in die samelewing vol te staan.

Grade

Klasse

jare

Leerders