Kultuur

Die skool vir klein kinders met groot drome

Leer Meer Kontak Ons

Kultuur Aktiwiteite Wat Ons Aanbied:

  • Koor
  • Eistedfodd
  • Redenaars
  • Kuns
  • Drama
  • Musiek

Koor

Die bekwame muskieonderwyseresse behartig die koor wat bestaan uit 60-70 leerders.
Die koor bestaan uit Gr.2 en Gr.3 leerders wat elke jaar gekeur word.
Alhoewel ons hope pret het, moet jy dissipline en ure se toewyding en geduld hê.

Eisteddfod

Die jaarlikse Eisteddfod is ‘n hoogtepunt. Ons leerders kry dan die geleentheid om aan verskeie kategorieë deel te neem. Hier kan ook met hul kunswerke gespog word.

Redenaars

Ons het 5 jaar gelede ingeskakel by die landwye ATKV redenaarskompetisie. Vier leerders uit die skool mag jaarliks deelneem. Hieruit is ons interne redenaarskompetisie gebore waaraan 8 graad 2 en 3 leerders deelneem. Dit is gewoonlik ‘n spoggeleentheid op ons kultuuragenda.

Kuns

Ons leerders word baie gestimuleer om kreatiwiteit aan te wakker. Hulle doen ‘n verskeidenheid kunsprojekte deur die jaar.

Drama

Entoesiastiese juffrouens bied beginnersdramaklasse aan leerders wat ‘n belangstelling in toneelspel het.

Musiek

Musieklesse word gedurende skoolure aangebied. Dit sluit in:

• Kitaar
• Kavier
• K
lawerbord
• B
lokfluit

Opleiding van môre se leiers sedert 1951

Hier by die Voorbereidingskool George streef ons daarna omkinders voor te berei om eendag hulle plek in die samelewing vol te staan.

Grade

Klasse

jare

Leerders