Nasorg
Ons gee om by Nasorg! Ons is daar vir jou kind wanneer jy nie kan wees nie.
Ons gee om by Nasorg!
By die Nasorg fokus ons op die kind se veiligheid en ontwikkeling. Ons moedig kinders aan om hulself te wees terwyl ons die brug tussen skool en huis bou.
Middagaktiwiteite sluit in ontwikkeling van groot motoriese vaardighede, die gebruik van sporttoerusting en speel op die Jungle Gym.
Fyn motoriese vaardighede word ontwikkel deur met klei te speel en kuns te doen. Op Vrydae, wanneer daar nie huiswerk is nie, maak ons eetgoed en lekkernye.
Huiswerk word daagliks in die verskillende graadgroepe deur een van ons finalejaar onderwysstudente gedoen. Aangesien hulle gedurende die skooldag in ons klasse help, is hulle vertroud met die werk wat behandel word.
Ons voorsien ‘n ligte middagete, gewoonlik ‘n toebroodjie, en twee keer ‘n week ‘n spesiale bederf soos ‘n hamburger, pasta of pizza. Gedurende die koue wintermaande kook ons ook sop en drink tee of warm sjokolade in plaas van koeldrank.
Wanneer die kinders na skool by nasorg aankom, word hul hande ontsmet en temperature geneem. Graad R-leerders rus terwyl die graad 1’s hul huiswerk doen. Middagete is om 13h30 waarna huiswerk vir graad 2 en 3 begin. Dan is dit speeltyd en aktiwiteite. Ons ruim op, het stiltetyd en kyk DVD’s.
Elke kind moet veilig en versorg word.
Inskrywingsproses
Slegs ingeskrewe leerders by Voorbereidingskool George sal tot ons Nasorg toegelaat word. Alle skoolfondse moet tot op datum betaal word en geen leerders met subsidies sal toegelaat word nie.
Daar is slegs beperkte plekke beskikbaar. Dit is die personeel se doelwit om ‘n veilige en geborge omgewing te skep terwyl ouers hulle dagtake kan verrig. Hulle prioriteit is die voltooiing van leerders se huiswerk.
Leerders kan ook deelneem aan sport- en ander aktiwiteite wat op die skoolterrein aangebied word.
Nasorg Koste
Nasorgfooie is R 13 400 per jaar, betaalbaar oor 10 maande. ‘n Deposito word in November van die jaar voor toegang vereis om u kind se plek te verseker Die deposito sal van jou eerste betaling afgetrek word.
Nasorg Tye
Die Nasorg is oop vanaf 12h30 tot 17h15 van Maandae tot Vrydae.
Kontaknommers:
044 873 2885 (Mev. Tracey Palmer)
georgeprep.finance@gmail.com